BlyNet kompetisie

Ons het ʼn wenner vir die Valentynsdag kompetisie!

Baie geluk aan Jaconette Lewis wat vir ons so pragtige opstel geskryf het. Jy wen ʼn vakansie vir 3 nagte in Margate.

Lees meer, klik hier.

Vat jou goed en bly!

BlyNet is vir almal van ons wat hier in Suid-Afrika gaan bly. Ons gaan nêrens heen nie. Omdat ons nêrens heen gaan nie, het ons geen alternatief as om vir ons ’n demokratiese ruimte in Suid-Afrika oop te kap nie. Ons gaan dus bly, maar ook stry. Word vandag ’n BlyNetter en registreer op hierdie webblad. Lewer kommentaar en sien in die splinternuwe gereelde nuusbrief, wat ander BlyNetters sê en doen. Talle bekende en invloedryke Suid-Afrikaners het reeds hul steun as BlyNetters gegee. Gee jou steun deur die verklaring te teken en word so vandag nog deel van die BlyNet familie! (Lees die: Verklaring)

BlyNet nou ook op Facebook:

Besoek gerus die volgende skakel en word ook deel van BlyNet op die Facebook-netwerk.

 

Solidariteit Radio

Solidariteit Radio, jou stem op die web

Besoek vandag nog www.solidariteitradio.co.za en word deel van Suid-Afrikaners se stem op die web. Ons saai daagliks tussen 12:00 en 14:00 programme uit, propvol nuttige inligting en interessante onderhoude met bekende Suid-Afrikaners en vele meer.

Suid-Afrikaner in die Buiteland:

Daleen de Jager gesels elke Woensdag tussen 12:00 en 13:00 met ‘n Suid-Afrikaner in die buiteland, moet dit nie misloop nie! Klik hier om na vorige onderhoude te luister.

Solidariteit Blog

Solidariteit Blog

Solidariteit het ‘n blog begin waardeur ons wil probeer om debat oor die groot uitdagings wat ons land en sy mense in die gesig staar te stimuleer. Besoek gerus www.solidariteitblog.co.za en neem deel aan die gesprek!

BlyNetters:

Alfabeties volgens name – kliek hier om die lys af te laai.