Argief vir April, 2008

Oorleef só in Suid-Afrika

Deur Carla van der Spuy

Suid-Afrikaners word deesdae van alles behalwe hul (galge)humor beroof

Dit help nie meer om teen die prikkels van swak diens, loodswaai en roofpryse te skop nie. Skaf eerder ‘n  “oorlewingsnoodhulpkissie” aan en laat dit die pioniersvrou in jou na vore kom.

Volg die volgende tong-in-die-kies wenke en ons waarborg jou dat jy nooit sal terugkyk nie.

By die huis:

Hou ‘n indrukwekkende versameling kerse aan. Jou liefdeslewe gaan ekstra woema kry as jy jou wederhelf elke aand met ‘n kersligete verras. Dit wat met die nuutgevonde romantiek gepaardgaan is glo boonop verslankend. Danksy kragonderbrekings kan julle mekaar weer herontdek. Dit is natuurlik net voordelig as die donker julle oorval wanneer hy na sy vervelige sportprogramme kyk en nie as jou gunstelingsepie op die lug is nie. Caroline Hurry, ‘n vryskutjoernalis en skrywer van Handbook for the Huntress sê danksy die talle kragonderbrekings braai sy en haar man gereeld hul aandete en sing na die tyd uit volle bors ‘n duet saam eerder as om hul tyd voor die televisie te mors soos die geval in die dae van betroubare elektrisiteitstoevoer was.

Van vleisbraai gepraat – sleep jou braaier sommer sitkamer toe want dit raak al gevaarliker om buite te kuier. Die knus huislikheid van ‘n binnenshuise braai sal gou die spreekwoordelike vlam vat – maar hopelik is jou Persiese mat nie in die gedrang nie. Jy kan ook piekniek in jou huis hou en sommer jou sekuriteitsmense oornooi.Hou dik interessante boeke tuis aan terwyl jy, as jy gelukkig is, twee weke lank vir die Polisie wag om ‘n verklaring te neem nadat by jou ingebreek en jou huis leeggedra is. Die kanse is goed dat dit een of ander tyd in dié tydperk met ‘n kragonderbreking sal saamval want daar gaan selde twee weke verby sonder dat duisternis ons oorval.  Hou in elk geval goeie boeke aan, selfs al lees jy dit nie, want sou jy in jou eie huis vermoor word kan jy mense vir oulaas met jou breë algemene kennis beïndruk.

Drink meer bier en minder water. Almal weet ons drinkwater is besoedel. Liewer ‘n bierpens as voedselvergiftiging en om die lewensbedreigende risiko te loop om in ‘n hospitaal opgeneem te word.
Neem spesiale versekering uit om jou telefoonrekening  te betaal.
Hang vir elke hond ‘n noodknoppie om sy nek wat deur sy blaf geaktiveer word
Verras voornemende inbrekers, is die webtuiste www.comedyclub.co.za se raad. Maak jou huis vol hoenders. Die inbreker sal ongemaklik voel en dadelik padgee.

Op die pad:

Ry in ‘n ou skedonk rond sodat jy hopelik in die geval van ‘n kaping slegs aan “appy” kapers uitgelewer is wat so onervare en senuweeagtig is dat hulle net jou kar en hopelik nie jou kop sal eis nie.  Los jou BMW in jou motorhuis. Sluit die motorhuis se deur slegs oop as vriende kom kuier en jou Rotweilers en skoonma in die omtrek is.  So kan jy hulle nog steeds met jou aardse skatte beïndruk – wel, die wat nog nie weggedra is nie.

Beskou stoptekens as toegeetekens as jy verdagte figure langs die pad gewaar.  Dis goedkoper om ‘n boete te betaal as om ‘n kar te vervang.

Koop ‘n groot lewensgetroue opblaaspop wat jy in jou passasierssitplek vasgordel as jy as vrou dalk alleen in die nag moet rondry. Draai gereeld na “Koos” toe so asof jy in druk gesprek met hom is sodat die boewe moet dink dat jy geselskap het. Dit sal in elk geval heerlik wees om ‘n monoloog te voer sonder dat jy onderbreek word.

Karwei jou eie bloed oral met jou saam sodat jy darem veilige bloedoortappings kry as jy in ‘n motorongeluk is. Niemand sal jou vir Dracula aansien nie. Dis in elk geval te betwyfel of hulle al van hom gehoor het.
Nog ‘n wenk van www.comedyclub.co.za is om eienaardig aan te trek as jy uitgaan. Iets in die lyn van Hompiekedompie kan nogal die ding doen. Boewe sal jou te vreemd vind om jou te wil aanval. Alternatiewelik kan jy voorgee dat jy self ‘n misdadiger is.

Sanger Riku Lätti ook bekend vir sy Zimdollarnuus wat per e-pos uitgestuur word, raai minderheidsgroepe ten sterkste af om in BMW’s vas te ry. Jy kan dalk as ‘n rassis gebrandmerk word. Hy is verder daarvan oortuig dat ‘n Daantjie Kat kursus om ‘n beter begrip van taxis te verkry ook ‘n aanwins kan wees. ‘n Voorbeeld daarvan is dat “hazards” een van duisende goed kan beteken wat insluit; “Ek mag dalk nou regs of links draai, stilhou of sommer net aanhou ry maar almal weet dit beteken eintlik ek gaan die padwet binne die volgende oomblike op besonder kreatiewe wyse verbreek.”
Riku beveel ook aan dat motoriste in ‘n opblaas monopolystel belê wat ‘n mens kan help om menige ledige uurtjies te verwyl terwyl jy op die N1 van Pretoria af Johannesburg toe by Allandale in die verkeer vassit.

Moet nooit die huis verlaat sonder ‘n rol note wat jy saam met jou bestuurslisensie kan optower; sou die geleentheid dit vereis nie. Wees oopkop.
Wees altyd gaaf met motorwagte. Jou kar is dalk niks werd nie maar die kanse is goed dat jou ryding vir die duur petrol in die tenk gesteel word. Dink net daaraan hoe groot die verrassing gaan wees as jou kar nog op presies dieselfde plek staan waar jy dit tien minute gelede gelos het.
As jy Drakensberge of see toe ry vir ‘n welverdiende vakansie moet jy sorg dat jou begroting vir verkeersboetes, tol- en of omkoopgeld minstens dié van jou verblyf ewenaar. Moenie slaap daaroor verloor as jy ‘n paar maande agter raak met die betaling van die skoolfondse nie. Hulle mag jou kind nie uitskop nie

By winkels en rekeningafdelings:

Belê in ‘n opslaanstoel, piekniekmandjie en thermosfles as jy jou elektrisiteitsrekening gaan betaal of banksake doen. Die kanse is goed dat jy twee maaltye kan misloop terwyl jy in die tou staan.

Neem ‘n steungroep saam as jy die kitsbank besoek.
Dra nagemaakte Russiese gewere oor jou skouer en skoene met sole wat die hel uit mense sal skok as jy na hulle skop
Comedyclub raai motoriste aan om altyd in geen-toegang zones te parkeer. Jou kar mag dalk weggesleep word maar dis darem beter as wat dit gesteel word. Vir ‘n verdere voorsorgmaatreel kan jy die deure permanent sluit deur supergom te gebruik. Jy sal nou wel toegang na en van jou kar deur die kattebak moet verkry maar die booswigte sal sukkel om in te kom.

Allerlei:

Maak meer gebruik van koeriers al is die kanse darem 50 persent dat jou posstuk op die tradisionele manier sy  bestemming bereik
Sorg dat jy altyd sonbrandolie by jou het vir ingeval die klere van jou lyf gesteel word. ‘n Ekstra selfoonbattery kan ook handig te pas kom.
Caroline se ervaring is dat ‘n mens baie geld op manikure kan bespaar terwyl jy sonder ‘n landlyn sit. Sy kou sommer self haar naels af terwyl sy stres oor nog ‘n spertyd waarby sy nie kan hou nie. Gelukkig kan die redakteurs haar nie op haar selfoon in die hande kry nie omdat dit – danksy kragonderbrekings – gewoonlik pap is
Om die “backtrack era” in musiek te oorleef koop al meer mense nou Afrikaanse “kunstenaars” se musiek om te hoor of die CD ook so vashaak soos die geval in hul verhoogoptredes die geval is
Al die chaos het darem ook voordele. Riku glo dat belasting beslis gaan daal as gevolg daarvan dat die Staat moeg is vir die feit dat mense goed wat van hulle gesteel is vir belasting aftrekkings invul.
“Die Staat moet dalk oorweeg om ‘n maksimum gesteelde goederetoelaag in die belastingvorm in te werk,” is sy raad
Wees dankbaar vir die wye betekenis wat aan die woord “binnekort” verleen word.  Dit kan enigiets van ‘n paar minute tot ‘n paar maande beteken. Moet jou nie daarteen verset nie. ‘If you can’t beat them, join them. Go with the flow.” Wil jy ‘n hartaanval oor iets so sinneloos soos tyd kry? Dis net water wat ‘n mens nie mors nie
Sorg dat jy nooit ‘n ernstiger siekte as waterpokkies of verkoue kry nie sodat jy nie in ‘n staatshospitaal opgeneem hoef te word nie. Sou so ‘n ramp jou tref,  huur dan ‘n sleepwa of bakkie sodat jy jou eie linne, kos, toiletpapier, matras en nog vele kan saamneem. Huur ook ‘n gespierde veiligheidswag om jou op te pas en by jou saal wag te staan sodat jy nie in jou hospitaalbed beroof/verkrag/aangerand/vermoor word nie.
Leer goed swem. Dis glad nie vergesog dat drenkelinge deur weldoeners wat hul as menseredders voordoen van die min wat aan hul bas is beroof word nie
Sou jy of jou kind ‘n eksamenvraestel dop is dit nie nodig dat jou kop uithaak nie.  Behou jou waardigheid. As jou eksamenvraestel verskil van die een wat jy gekoop of gesteel het – eis eenvoudig jou geld terug en maak die aangeleentheid by die departement van onderwys aanhangig. Staan op jou regte
Bars dit dalk om weens regstellende optrede ‘n werk in die formele sektor te kry, is daar altyd die wonderlike wetenskap van geneaologie. Met genoeg deursettingsvermoë behoort jy iewers tussen jou voorsate ‘n Hugenoot of Hollander te kry wat met ‘n “vryswarte” of slavin getroud was. Met ‘n bietjie geluk is daar dalk iewers ‘n Morewa of Tshababala onder jou voorvaders wat vir jou die deur na werksgeleenthede wyer kan oopswaai.

Het in Vrouekeur verskyn.

Moenie mag van ‘die min’ miskyk

Jaap Steyn
Beeld, 24 April 2008

Laai die artikel af

Die groot vraag is: Wat doen jy daaraan?

Die Burger Oos-Kaap
18 April 2008

Laai die artikel af

 

 

Wat sê ons lesers?

Uittreksels uit kommentaar van Rapport-lesers.

Nêrens in die ou tuislande van ons voorvaders sal ons kan vind wat ons hier ons eie gemaak het nie. Ons is kinders van Afrika. Ek bly. – Derick Streak

Ek bly omdat ek graag Rapport se growwe papier Sondae onder my vingers wil voel en nie aanlyn hoef te lees nie en om ’n verskil te kan maak aan iemand se lewe wat nie kan wegvlug nie, al wil hulle. – Billy Scholtz

Ek was al in baie lande, maar ons land se mense, humor, glimlagte en menswees is net anders. Ons son, wind, reën, see, berge, vlaktes prikkel ’n mens se siel, stimuleer jou geloof en bou jou liefde vir die onderste hoekie van Afrika. Ek bly. – Leon van Wyk.

Ek is hier gebore en ek sal hier begrawe word – maak nie saak wat nie. Dis my land ook. – Christa de Wet.

Ek is tans vir my agste maand van ’n kontrak vir twee jaar in die Midde-Ooste. Hier is die diens net so swak as elders; bestuursvernuf bestaan nie; mense is lui. Nee wat, ons bly in Suid-Afrika. Ons tel die maande af. – Helga van Wyk.

Suid-Afrika was goed vir my. Ons kan nie net oorgee en weggee nie. My bydrae sal ek lewer op elke gebied wat ek kan. Ons vir jou Suid-Afrika.– Ben White.

My bydrae sal wees deur my geloof en my God en ander deur die geloof te lei om ’n stabiele Suid-Afrika tot stand te bring. – Letitia

As patriotisme die laaste uitweg van ’n dwaas is, dan is ek een. Ek sal hier bly totdat die laaste kers uitgeblaas word. – Dawid

Ek is van Afrika, in Afrika, vir Afrika. Ek is inheems aan Afrika, al is my vel wit, want ek is hier gebore. My mense is ook hier gebore en begrawe. Ek gaan nêrens heen nie. – Johannes de Koning

Om landuit te vlug kom neer op Afrikaner-selfmoord. Dankie, Solidariteit. Julle is ’n liggie in die duister. – Sulet van der Bergh

Ek is net ’n ou tannie, maar ek het hard gewerk in hierdie land. Ek bly hier en ek sal my mening lug waar en wanneer ek wil. – Ryan Austin

Hierdie is die beste land. Weghardloop is nie ’n opsie nie. – Koos Nel

Vele buitelandse besoeke bevestig oor en oor dat Suid-Afrika, selfs met sy probleme, die wonderlikste, lekkerste, mooiste land met onbeskryflike geleenthede ter wêreld is. – Albert Venter

Ons lafaards en verraaiers sit hier in die verte en wag vir die 46 stigters van BlyNet om die land reg te ruk sodat ons kan terugkom en deel in die nuwe Suid-Afrika – ’n geweldlose utopie met wonderlike geleenthede vir ons kinders. Julle is helde, al weet ons nie wie julle is nie. – Marius Viviers

Formuleer vir ons oud-Suid-Afrikaners metodes wat ons kan gebruik om te help. – Bokkie in Florida

Staan jul families in Suid-Afrika by wat sukkel. Dit is ’n praktiese manier om dinge beter te maak. – Emiel

Terwyl daar teen ons kinders gediskrimineer word, ons ou mense wreedaardig vermoor word en ons kulturele erfenis afgeskeep word, is hierdie halfhartige verklaring die beste waarmee daar vorendag gekom word. Solidariteit mors ons tyd met hierdie foefie. – Wynand

Die Titanic hel gevaarlik oor terwyl hierdie welmenende groepie vir ons musiek maak. Julle word lekker gevang. Ons leef goed in Kanada, waar ons werk waardeer word en meriete belangrik is. – Gustav

Sal interessant wees hoeveel van die 46 “prominentes” bly oor ’n jaar. Help Suid-Afrika verander? Asseblief. Afrika se geskiedenis tel teen jou. – André

Ons mense in die buiteland het ’n verantwoordelikheid teenoor ons geboorteland en ek ondersteun so ’n aksie. Dis ’n stap in die regte rigting. – Henri

Ek is in ’n beter posisie om Suid-Afrika vanuit Brittanje te help waar ek R50 000 verdien teenoor R7 000 in Suid-Afrika. – Wynand van Taiwan

Vreeslik eenvoudig. Bly vir jou BMW, huishulp en timeshare in Margate. Ry vir jou kinders se lewe en toekoms. – Oompie

As ek so kyk na die geesdriftige blyers, het ek onmiddellik gegly, want met sulke blyers gaan ons in groot moeilikheid wees. – Jannie se gly-karretjie

Elke aand vra ek om genade vir waar ons is en waar ons mense bly. – Gegly, wens ek kon bly (Toronto, Kanada)

Wie weet, dalk eendag sal Suid-Afrika weer ’n land wees wat vir ons kinders ’n toekoms bied. Maar vir eers geniet ek my jaar betaalde kraamverlof, om tot middernag vrou-alleen in die strate te stap en waar die hoofnuus ’n perd is wat raak gery word. – Susan (Kanada)

Ek sou so graag die land wou verlaat, maar omdat ek oor vyftig is en slegs matriek het, is dit nie ’n opsie nie. Kom by! – Deon

Die “groot rol” wat wittes veronderstel om te speel is ’n wanvoorstelling. Ek gly. – Lizel

Moenie op my skouers kom huil as iemand by jou huis inbreek, jou geliefdes seermaak of jou werk vat nie en jy besef jy het ’n fout gemaak. – Neels du Plessis

Suid-Afrika en Zimbabwe is ’n ewebeelde van mekaar. As ek maar net kon, was ek al lankal oorsee. – Pieter Fourie

Duisende gou-gou ‘BlyNetters’

Johan Eybers
Johannesburg

 Die vakbond Solidariteit is die afgelope week oorval deur reaksie op sy Vat-jou-goed-en-bly-inisiatief.
Dr. Dirk Hermann, adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit, sê daar is gehoop dat so 300 mense binne die eerste week “BlyNetters” sou word.

“Ons was daarom baie verras toe meer as duisend mense aangesluit het op die eerste dag wat die inisiatief bekend gemaak is,” sê Hermann.

Teen Vrydagmiddag het dit die 3 000-merk bereik.

Dit is Vrydag bekend gestel “om die derduisende Afrikaners in die buiteland te mobiliseer sodat emigrasie nie die grootste ramp vir Afrikaners hoef te wees nie, maar ’n geleentheid om ’n internasionale netwerk te stig,” sê Hermann.

“Ons wil ons mense in die buiteland nie as ‘hulle’ sien nie, maar eerder as deel van ‘ons’. Ons sien hulle nie as rugdraaiers nie, maar as ’n internasionale netwerk wat ons kan help om ’n toekoms hier in Suid-Afrika te skep,” sê Hermann.

’n Vuurwarm debat was ook die afgelope week op Rapport en BlyNet se webwerf aan die gang oor die ondersteuning van die aksie.

Nie almal is ewe positief nie.

Lizel skryf: “Kom by. Migrasie is so oud soos die mensdom self en neem toe namate globalisering toeneem. Die veldtog word deur mense gedryf wat besig is om hul ondersteuningsbasis te verloor. Ek gly.”

Jet West van die Kaap skryf dat hy as bruin mens dit ook wil onderteken, maar hy kan nie omdat dit net vir Afrikaners bedoel is.

Woestynkind skryf sy verwelkom enige aksie wat positief bydra tot “die opbou en herbou van ons mooi land”.

“Ek is moeg vir Afrikaners wat dag en nag kerm en kla. Dit is tyd om te begin werk. Ek bly!”
Johan van Roon sê hy ondersteun dit sterk. “Ons het net soveel reg om hier te wees. Ons moet sterker staan teen onder meer regstellende aksie en die treurige manier waarop die regering die land bestuur.”

• Die dramaturg Deon Opperman en die skrywer Koos Kombuis het mekaar nou ook hieroor aangevat.
Opperman het in ’n rubriek op die aanlyn-joernaal LitNet geskryf hy het ’n musiekspel Ons vir jou geskryf omdat hy moeg is vir Afrikaners se mismoedige houding.

Hy haal uit die teks aan om sy punt te bewys wat hy in die mond van die Boereheld genl. Koos de la Rey lê: “Ons is te min? Laat elke man wat nou so dink sy wapen neerlê en loop, want sonder julle, al is ons minder, is ons baie, baie meer.”

Kombuis was nie beïndruk nie. In ’n ope brief beskuldig hy Opperman daarvan dat hy De la Rey as ’n oorlogsugtige mens voorstel om sy punt te bewys, terwyl De la Rey ’n man vir vrede was.

“Hy’t nie in die verlede geleef soos jy nie,” skryf Kombuis. “As ek De la Rey was, het ek jou gesue vir naamskending.

“Dié gevegsfrontpraatjies in die huidige tyd is onvanpas, naïef en, lyk dit vir my, suiwer vir winsbejag.”
Kombuis sê in werklikheid is Afrikaanse mense vandag deel van ’n breë protesbeweging wat onder Suid-Afrikaners oor die algemeen ontstaan het.

“Ook in Afrikaanse geledere is daar mense wat bereid is om op te staan vir wat reg en verkeerd is. Ek is trots op hulle.”

Opperman se reaksie hierop was dat Kombuis onverantwoordelik is om hom te beskuldig dat hy ’n beroep op Afrikaners doen om konvensionele oorlog te voer.

• Hermann sê sowat 200 Suid-Afrikaners in die buiteland het Vrydagoggend by die HelpNet-netwerk aangesluit.

Om te ry of om te bly

Annatjie Blignault

Die Pos het ’n bietjie op Vaalwater rondgevra om te hoor hoe die mense se koppe werk. Wil hulle emigreer na groener weivelde of gaan hulle vasbyt in Suid-Afrika ondanks die al die probleme. Die slotsom is: Vaalwater gaan nie leegloop nie. Ons is hier om te bly.

Marlene Barnard, Kommandoleier van Waterberg Voortrekkers twyfel geen oomblik voor sy antwoord nie.”Mense het drie maniere om te reageer op situasies: Veg, vries of vlug. Ek is die vegtipe en sal nooit vlug nie. Ek het al oorsee gebly en Suid-Afrika is glad nie so sleg nie.” Willem Blignault reken hy sal net sy wortels uittrek as dit veilgheidsgewys vir hom totaal onmoontlik raak om hier te bly. Dan sal hy in elk geval na ’n land soos Botswana toe gaan. Sy wortels lê te diep in Afrika.

Rika van Staden sal ook nie emigreer nie. Haar familie, ouers en gesin is hier. Sy het ook al oorsee gewoon en verkies beslis Suid-Afrika.

Die huidige Mev. Afrika, Jacomien Smith sê dadelik: “Nee, ek sal nie emigreer nie. Suid-Afrika is ’n pragtige land. Die land se verskeidenheid in kulture is so interessant en verrykend. ’n Mens dink so maklik die gras is groener aan die ander kant van die draad, maar elke land het maar sy stel probleme. Ek byt vas en vertrou dat alles op die ou einde reg sal uitwerk vir Suid-Afrika. As ek moet emigreer sal ek die braaivleis, biltong, rugby en sonskyn heeltemal te veel mis. En natuurlik: My taal, Afrikaans.”

Ranya de Wet meen dat ons heeltemal te gerieflik geword het met kitsoplossings vir alles. Ons moet kan vasbyt en altyd onthou dat God ’n plan met ons het wat ons moet aanvaar. Ranya was ook al in baie ander lande en weet Suid-Afrika is die heel mooiste land. Indien dit nodig word as sy eers kinders het, sal sy dit wel oorweeg om te emigreer.

Ingrid Heystek reken so ’n 5-jaar uitdaging of toer kan baie lekker wees, maar sy dink nie sy sal permanent oorsee wil gaan bly nie. Sy het ’n man en twee kinders wat op laerskool is.

Nielen Bekker, ’n jong man in die toerismebedryf op Vaalwater sê: ”Voordat ek emigreer sal daar wragtig niks van die land moet oor wees nie. Ek sal dalk vir n paar jaar oorsee gaan om geld te verdien of ondervinding op te doen, maar ek sal altyd wil terug kom. My antwoord is beslis, Nee”

Alhoewel meeste mense dit nie oorweeg om te emigreer nie is die een gemeenskaplike bekommernis beslis die veiligheidsituasie in die land.

PJ Blignault wat op vaalwater groot geword het en sy vrou Alison woon reeds 3 jaar in Dubai en wonder of hulle sal terugkom. Hulle wil graag weer terugkom maar sal eers na die veiligheidsituasie kyk. Hulle is bederf met die veiligheid en hoë lewenstandaard in Dubai, waar kinders saans buite kan speel en niemand jou huis of kar hoef te sluit nie.

Not without Paulina

By Carla van der Spuy

This past week I have worked on an article for a magazine on the reasons why certain high profile and highly qualified South Africans, whose skills will be an asset to any country, have decided to stay in South Africa in stead of packing for Perth. They are the hardy breed who are willing to undertake the proverbial Barefoot over the Drakensberge trip in the 21st century to new heights and who want to raise their children here. They will not be chased out of their own beloved country.

I do respect these born optimists who, despite the numerous problems in our country, have decided to stay. These people happen to be both realistic and positive, but more so, they believe in an idealistic way that they are meant to be here to make a difference – even if it is just to hand the car watch a R10-note which would mean bread on the table for his family tonight – unlike for instance in Switzerland where there is no poverty and nobody needs you.

Their reasons are noble. They believe that things will change for the better and they unselfishly want to be part of this change. They are risk takers and they look on the bright side of things.

So many people have already left the country – an estimated 20% of our white population – with others planning to take the plunge soon.

I also read a very inspiring piece by Maverick editor Branko Brkic this week on a website which specializes in positive news about South Africa. He says the highest price of loss is a loss of hope that things will go better.

It can be tempting in times like these to give up, to surrender to creeping entropy, he writes.

 He says the average citizen of a troubled South Africa now is sorely tempted to give up. Or, even worse, just leave.

”But that is an average citizen I’m talking about. Not you. You’re a maverick. Giving up is not an option, here or anywhere, any time. You know who you are, and you know what you value in life. You understand that selling your principles is a sacrifice that will leave you scarred for the rest of your life, a price that is too much to pay for a human being of your integrity and brains.

Deep within you remains your greatest treasure: your restless, ever-wandering soul. No matter how difficult the times, the true maverick’s soul will never be for sale. At any price.”

These words leave you with a heart-warming feeling.

As for myself, I will not prevent my children from emigrating if they so wish, but the reasons for my staying by far outnumber the reasons for fleeing the country.

I am proudly South African.

I mean, look at the medical advances that we have made since the first heart transplantation in the sixties. We can only be world leaders.

Best of all, with the weakening rand these generous medical tips are highly affordable like the Minister of Health Manto Tshabalala-Misimang’s recommended garlic and beetroot doepa for those who are HIV- positive. Very good for the vegetable industry. A bonus would be if they are grown organically of course.
(This must have been taken seriously because I have seen the expansion of a few greengrocers in our area.)
And then, there is the fact that Jacob Zuma, who could possibly be our future state president, told the Johannesburg High Court that he took a shower after having sex with the HIV-positive complainant without a condom, as he believed that this minimized his risk of contracting the disease.

This is good news. I mean power failures might lead to sex but at least we still have water which can wash of any possible infections not to mention our sins.

But the best advice handed out free of charge to us, is that of minister of Minerals and Energy, Buyelwa Sonjica unveiling a 10-point plan to encourage South Africans to change their electricity usage habits.
Simply go to bed earlier so you “grow and be cleverer”, she said.

The following were the words of an e-mail doing the round this week which I forwarded to all my friends and family, both here and abroad to bring some sunshine into their lives ; “So there you have it ladies and gentlemen.

To be cured from aids, eat garlic and beetroot.

If you don’t want aids, take a shower, and all we have to do to stop the electricity crisis is to go to bed early so we can grow and be cleverer.”

Being technologically challenged and not one for complications, I could really live with the simple life recommended by our honourable leaders.

Besides at 56 I am too “old” to emigrate. I don’t think anyone will have me. So I am spared the agonizing choice. My qualifications do not exactly fall in the category of rocket scientists or brain surgeons.

 I am a freelance journalist who gets paid per word, per piece or perhaps. I do not live under the bread line but worse things have happened to me. I have lived under the wine line.

I can survive without braaivleis, rugby, sunny skies and melktert.

Well, maybe not melktert.

But I cannot live without my angel in an overall. Without Paulina life would be unbearable.

When Paulina goes on leave I undergo a complete personality change – a female version of Dr Jeckyll and Mr Hyde.

When, after a weekend she returns to a tower of dirty dishes and clothes thrown in the cupboard in such a disorderly way that she has described it as “soup” I am ready to roll out the red carpet for her. (As long as she uses the carpet shampoo.)

I am a great believer in delegation and I glady pay a large percentage of my income to delegate to Paulina.
I mean, I do not even know how to switch on the iron, where the brooms are kept or whether the kitchen is North. The last time I used the iron was for toasted cheese sandwiches while being a student in the seventies.

A friend recently had the opportunity to emigrate to Australia but after a month without her Maria, she decided against it and told me she will rather be murdered than live without Maria – as long as they do not torture her.

Neither will I leave.

Not without Paulina.

[Het verskyn in die tydskrif: Gateway in hulle rubriek: How about that?]

Proudly South-African

By Carla van der Spuy

The moment I arrived at Oliver Tambo Airport, after a visit overseas, I knew I was back in South Africa. I had been visiting my daughter in the Netherlands, who is working as an au pair for a year.

On first sight the modern airport is not really different from any other international airport in the world; that is until you try and do something perfectly normal, like collecting your luggage. I waited 90 minutes.

With the prophetic remark of a Kulula pilot a few years ago after landing in Johannesburg from a flight from Cape Town, enthusiastically welcoming us in “Gangsters Paradise” still ringing in my ears, I started to wonder whether miracles still happen. Will my luggage appear? Will I be pleasantly surprised and actually be so privileged to pick up my own possessions? Will something as basic as getting my suitcase actually make my day?

I did everything possible to let my luggage “stand out.” Red ribbons around the suitcase handles and neon pink stickers on the red fabric. It looked a bit ridiculous – almost like a cheap Christmas tree, but what the heck, if you live and survive in South Africa you sometimes have to be creative and sacrifice your image.
In fact, when I arrived on Schiphol Airport my daughter told me she could identify the South African visitors by their piles of bubble wrapped luggage! Other citizens of the world are not that paranoid, she remarked.
Back home in the luggage entrance hall in Johannesburg however, the passengers waited and waited and waited.

It is not as if we are not used to Africa time, but having spent some time in Holland where the clock and competence reigns and where the Dutch are regarded to be more German than the Germans themselves, this immediately made me feel well…at home again.

Hot under the collar, a young man eventually approached an airport official for an explanation.
The formal excuse – something went wrong with some luggage support system –some technical problem – buzz word of the millennium.

The informal (and more cynical) excuse – being a week before Christmas our fellow country men were probably indulging in Christmas and/or affirmative shopping.

Eventually half of the luggage arrived unopened.

Yes, we were back in sunny South-Africa.

When we braved the way back to Harties and at least three taxis ignored the red robots, I once again knew I was home.

The conversation with Romano describing various break-ins and robberies in a small area within 24 hours, let me realize that I was 10 000 kilometres away from a country where the worst possible thing that can happen, is that the train is a few minutes late and the occasional theft of a bicycle is front page news.
The next morning when I went to Spar to do grocery shopping, I suddenly noticed something that has always been there – all the South African men with their “boeppense.”

Besides complaining, eating has always been our national pass time.

I found the Dutch however, to be particularly slim. They walk and cycle for hours on end and are disciplined eaters to say the least. Grown men are perfectly happy with a breakfast consisting of a chocolate spread sandwich in stead of half a metre of boerewors, and piles of bacon and eggs for starters.

 I really knew that I was back when on my first morning at home, before daylight I was woken with Romano’s cell phone ringing.

A loud and animated conversation followed, mostly about crime. I was still suffering from jet lag and sleep deprivation.

“Who was it?” I asked him.
“Koos van der Merwe”.
“Really?”

More than ever I knew I was back. Boots and all.

In Holland, visits to friends are sometimes organized months ahead of time. Dropping by unannounced is just not done. At the homes of some relatives where we stayed, although showered with hospitality, we were even handed out strict military regime-like shower programmes, not to be changed under any circumstances.

When we organized a braai for four people a few days after my return, and within hours the number of guests had spontaneously escalated to 10 without anybody making a fuss about it, I realized that this could only be home sweet home.

Suddenly I felt proudly South African!

[Het verskyn in die tydskrif: Gateway in hulle rubriek: How about that?]

Ons bly net hier!

Laai die artikel af

Bly of Gly

Dr. Pieter Mulder
Leier Vryheidsfront Plus

April 2002
 
“Mense wat weghardloop na die buiteland is sissies, onpatrioties en verraaiers wat nie die druk kan vat nie. Ons is beter af sonder hulle.”

“Mense wat in Suid-Afrika bly is taai, patrioties en hulle veg vir hulle reg. Dit is die gesonde kern waarmee ons die land gaan red ”

In die dae van die “totale aanslag” voor 1994 was bogenoemde twee stellings min of meer hoe die bly- of gly-debat, veral in Afrikanergeledere, opgesom en afgehandel is. Dit is ongelukkig vandag beslis nie so eenvoudig nie. Om sommer iemand te veroordeel omdat hy bly of gly, is verkeerd. Elke geval moet volgens sy eie omstandighede beoordeel word. Ek bly — terwyl goeie vriende reeds gegly het.

Ek veroordeel wel mense wat om verkeerde redes emigreer. Dit is soos Pieter Dirk Uys se twee humor-redes  waarom mense uit die ou Suid-Afrika ge-emigreer het. “Eerstens omdat hulle heftig gekant was teen die rassisme van Apartheid en tweedens omdat hulle die Swartes nie langer kon verduur nie!”

Onlangs het ‘n man ongevraag aan my kom verduidelik waarom hy emigreer—ek behoort te verstaan, reken hy. “Hier in Suid-Afrika is daar nie meer genoeg Afrikaans op die televisie nie en godsdiens word al meer afgewater in ons skole.” Nou gaan hy en sy gesin na die VSA! — waar daar geen Afrikaans op die TV is nie en nog minder godsdiens in die skole is! As hy aan my verduidelik het dat hy in sy beroepsrigting nie werk in Suid-Afrika kan kry nie; of dat hy na twee motorskakings sy familie se veiligheid eerste stel, sou ek hom anders beoordeel het.

Dieselfde geld vir mense wat oneerlik met hulleself is en onrealisties is oor emigrasie.  
As jy besef dat jy as eerste geslag emigrant nooit werklik ten volle deel van die nuwe samelewing sal word nie, maar dat jou kinders wel sal inskakel, is jy realisties. As jy verder besef dat dit onbillik is om van jou kinders te verwag om as ware Afrikanertjies in die buiteland groot te word, is jy ook realisties. Leer hulle gerus Afrikaans —  vir oupa en ouma se onthalwe en vir die geringe kans dat hulle dalk eendag sal terugkeer. Maar onthou— die kinders se wêreld is Engels, hulle skole, hulle maats en TV is Engels. Natuurlik mag hulle nog Afrikaans met die ouers by die huis praat — maar dit is meestal net uit hoflikheid. Luister na hulle as hulle alleen is en verkies om met mekaar Engels te praat. Dit is ‘n onreg teen so ‘n kind om hom in die buiteland vreemd as ‘n Afrikanertjie te wil groot maak. Ek is lief vir Afrikaans en hierdie is vir my ‘n groot hekkie wat ek moeilik sal kan oorkom. Dit is een van die redes waarom ek gaan bly sonder om die wat om goeie redes gly, te veroordeel.

Hoe meer ek in die buiteland kom, hoe meer besef ek dat my hart in Afrika is. Wat ‘n snaakse verlange na ‘n pragtige maar ruwe, droewe en dikwels hartseer land. Ek kan dit nie altyd verklaar nie. Is dit die uitdagings of is dit net die natuur? Ek stap graag in die somer — veral met sonsondergang. Ek het met my gesin in die VSA gewoon vir ‘n jaar tydens my na-doktorale studie. Ek het etlike maande in Brittanje gebly met ‘n beursskema. Ek het reeds China, Australië en elke kontinent besoek. Wonderlike lande, maar nie een het ‘n skemertyd en sonsondergange  wat met ons s’n kan meeding nie; met ons blou lug,  ons rooi sonsondergangkleure en wolkepatrone. Wat kan daarmee meeding om in die Karoo na die sterre te kyk en oor die wonder van God te wonder? In my jaar in die VSA kon ek dit nie nadoen nie. 
 
Maar die Afrika uitdagings speel by my ook ‘n rol. Ek het in die stamland Nederland en in Australië TV-nuus gekyk. Hulle uitdagings en krisisse verveel my. Dit wissel van ’n vermindering van skaapgetalle in Australië en of ‘n gekloonde koei geslag mag word — tot tulpe wat as gevolg van swak verpakking verlep het. Die Hollanders sal uitasem wees en skielik weet waar kom die “M” van “Moeg”  vandaan na ‘n week van Mugabe, Mbeki, MIV en Mpumalanga!  ‘n Australiër het aan my verduidelik hoe stimulerend hy al die uitdagings in Suid-Afrika vind — maar na ‘n jaar moet hy eers weer terug na Australië se rustigheid om sy geestelike batterye te laat laai! Ons voltooi met dieselfde geestelike batterye ‘n leeftyd.

Maar laat ons wat bly ook met onsself eerlik wees. Ek haat die misdaad en die geweld. Ek verafsku korrupsie en swak administrasie. Ek is uiters gefrustreerd om elke dag te sien hoe die regering foute maak wat tot ons almal se nadeel is. Ek treur as ek sien hoe die geleentheid vir internasionale sukses en oplossings tussen kultuurgroepe deur die vingers glip.

My hart is vas aan Afrika terwyl my verstand die voorwaarde stel dat ek in Afrika myself wil wees as Afrikaner. Is dit te veel gevra? Slaag ons daarin, sal meer mense bly. Dit is die groot politieke uitdaging soos ek dit sien. As Afrika plek het in die Noorde vir Arabiere met hulle godsdiens en “vreemde”  kultuur dan is daar ook plek vir my in die Suide. Al noem die Swart onverdraagsames my dan ‘n Euro-Afrikaan.

Roeping is ‘n cliché wat sommiges maklik soos ‘n godsdienssousie oor alles wil gooi. Tog speel dit ‘n rol by my besluit om te bly. Waarom sou Jan van Riebeeck ons juis hier gelos het? Waarom sou ons die Groot Trek, Bloedrivier en die Engelse oorlog in 1902 oorleef het? Sou ons dit alles oorleef het net om nou hier in die 21ste eeu tragies tot niet te gaan? Ek weier om dit te glo. Sê dan maar dat ek nog van die ou soort is wat glo daar is ‘n plan en ‘n doel met alles, ook met my lewe. Dalk is deel daarvan om hier ‘n rol te speel en ‘n verskil te maak. Die teoloë noem dit roeping.

Jy kan sê ek is aanmatigend — maar ek voel ‘n snaakse verantwoordelikheid teenoor duisende wat nooit die land sal kan verlaat nie, al wil hulle ook. Arm mense, onderdruktes en Afrikaners teen wie gediskrimineer word. Meer as 80% van alle Afrikaners sal altyd hier bly. Ek is geleer dat een persoon op die regte tyd op die regte plek, ‘n verskil kan maak. Ek wil dit graag glo. Elkeen wat emigreer is ’n groot verlies. Maar mense wat besluit om te bly en dan net kla en kerm sonder om betrokke te raak, raak ’n las. As jy bly, raak betrokke. Sluit aan by ‘n politieke party of ‘n kultuurorganisasie of gee geld. Moenie net vra: “Wat doen julle om my posisie te verbeter?” nie. Doen iets self. Anders kon jy maar gegly het.