Vertel vir ons waarom jy in Suid-Afrika wil en gaan bly, hoe jy ‘n bydrae gaan lewer en hoe jy vir jou regte gaan veg. Voltooi die vorm hieronder. Ons sal bydraes op die webblad publiseer.

Lees ander se terugvoer onder aan hierdie bladsy.


Naam *                
E-posadres          
Kontaknommer *  
Terugvoer *
* Verpligtend

Anti-spam maatreël
Vul asb die teks van die prentjie af in
captcha

(67)
1 2 3 4 5 6 7 
>
(1) Andre Kruger
Sat, 23 January 2010 09:30

Ek en my ouers en hulle ourers en hulle grootouers is hier gebore en getoe. My oupa is Ceylon toe geban deur die Engelse. My pa het in die tweede wereld oorlog teen Hitler geveg, en ek self is 'n ogeleide valskerm soldaat iut die vorige bedeling. My kinders en kleinkinders is ook hier gebore wat dit dan ses geslagte Suid Afrikaners maak, en nie een van ons is van plan om ons land te verlaat nie.
(2) Paul le Roux
Sat, 4 October 2008 19:19

Ek is hier gebore, so dis my land net soos enige ander persoon wat hier gebore en groot geword het. Geen mens is die selfde nie, ons hoef dus nie saam te stem nie. Maar respekteer mekaar se standpunt en gun elkeen sy plek in die son en ons sal kan saam leef.
(3) Sue Pienaar
Mon, 25 August 2008 19:27

Ons is 'n jaar en 'n half terug in ons pragtige land nadat my man Danie agt jaar, en ek bykans twee jaar, in Saudie Arabie gewoon het. As met ander in noue kontak met 'n verskeidenheid kulture gewoon en gewerk het, kan mens nie anders as om te weet dat jou eie kultuur ALTYD die beste is nie.

Fillipynse vriende van ons bly al 25 jaar in Saudie omdat hulle 'nie die regte paspoort' (hulle woorde) het om terug te keer na hul eie geboorteland nie. Hulle is vandag nog verras-jaloers omdat ons kon terugkeer Suid-Afrika toe.

Dis heerlik om terug te wees in 'normaliteit' en ons probeer om 'n positiewe boodskap uit te dra na almal waarmee ons kontak het.

Dankie

Sue en Danie Pienaar
(4) Stefan van Wyk
Thu, 14 August 2008 16:17

Ek is hier gebore, ek ken die land, en my "mense" is hier. Ons moet opstaan vir Godsdiens ons Taal ons regte en dit wat aan ons behoort. Ons moet God aan ons sy hê en lewe soos Hy se ons moet lewe. Ons moet nie toelaat dat almal oor ons loop nie. Raak betrokke, doen iets wat in jou omgewing 'n verskil kan maak.
(5) Lynette van Ede
Wed, 28 May 2008 11:30

Ek is 'n Suid Afrikaner in murg en been en baie trots op ons land en sy kultuur. Ons almal kan 'n positiewe bydrae te maak deur meer betrokke te raak by organisasies soos julle. Ek sal beslis bly want dis al hoe ek 'n verskil kan maak.
(6) Jacolene
Thu, 15 May 2008 11:20

Ons is nou 6 maande terug in Suid Afrika nadat ons amper 5 jaar in Engeland gebly het - en een ding is seker, ons wil in Suid Afrika bly. Eers wanneer jy in 'n ander land gaan bly vir 'n paar jaar (en die honeymoon periode oor is) besef jy dat elke land maar sy slegte punte het en dat familie baie belangriker is: dat mens gemaak is om naby jou mense te wees. Ons gaan nêrens heen nie - ons bly!
(7) Irma Jansen
Tue, 13 May 2008 12:31

Ek is hier gebore, my ouers en grootouers ook. Elke land het sy probleme en soos hulle sê: "Liewer die duiwel wat jy ken as die duiwel wat jy nie ken nie"... As ons net kan leer saamstaan sal dinge ook baie verbeter.
(8) Tania Thiel
Tue, 13 May 2008 06:37

Ons is nou 2 jaar in Wes Australië en trek die einde van die jaar terug. Ek stem saam met Guillaume Smit se bydrae. Solank ons familie en vriende kans sien en selfs baie gelukkig is - in teenstelling met wat meeste glo - sien ons ook kans vir SA. Het hierheen gekom deur 'n werksgeleentheid en kan met eerlikheid sê SA is baie beter. Australië is 'n passielose plek. Elkeen wat iets positiefs sê en dink oor SA maak al klaar 'n positiewe bydrae. Ons is maar een van 3 gesinne in een klein dorpie hier wat terugtrek SA toe. Sien uit om by die huis te wees.
(9) Pieter Ludick
Fri, 9 May 2008 06:25

As ons maar lankal kon saamstaan sou ons nie in die posisie gewees het nie. Ja, soms oorweeg 'n mens alternatiewe "blyplek" maar my land bly my land en ek is lief vir hom. Hande vat en saamstaan en mekaar positief beinvloed sal die negatiewe uitkyk "verblind"
(10) Dr. Lize Freislich
Tue, 6 May 2008 00:02

Vir dié bekommerd oor misdaad:kyk na nationmaster.com vir internasionale misdaadstats. [Oz, NZ en Kanada het hoër inbraaksyfers (Burglaries) per 1000 mense as SA: (21.74, 16.27,8.9 en 8.8) Oz, NZ en Kanada het ook hoër kardiefstalle per 1000 mense as SA:(6.92,5.45,4.88 en 2.25) In Jhb is daar 64 moorde in 2007 gepleeg, in Sydney 43, in Pretoria 48 en in Brisbane 41. (kyk na cjcp.org.za, bocsar.nsw.gov.au en police.qld.gov.au.)]

Ek en baie ander professionele mense wat ek ken, bly in SA. Ons het almal klein kinders, 'n hele paar is deur misdaad geraak en ons kan immigreer as ons wil (a.g.v. ons kwalifikasies en ondervinding).

Ons wil hier bly, want dis ons land en hier kan ons 'n verskil maak. Ek het al heelwat oorsee gereis en het oorsee al baie meer bedreigd gevoel as in SA.
>