Argief vir die 'Kompetisies' Kategorie

Fotokompetisie 2 – Suid-Afrikaanse landskappe

Hier is die foto’s wat ons al ontvang het:

Fotokompetisie 2

Nadat die fotokompetisie op BlyNet so ‘n groot sukses was het ons besluit om weer ‘n fotokompetisie te begin. Dieselfde pryse kan weer gewen word. Enigiemand kan aan die kompetisie deelneem, insluitende persone wat aan die eerste een deelgeneem het solank dit net nuwe foto’s is.  Hierdie keer fokus ons slegs op Suid-Afrikaanse landskappe en vra ons dat jy jou mooiste landskapfoto’s instuur.  Stuur foto’s aan daleen@solidariteit.co.za .

Die volgende spesifikasies moet aan voldoen word:
• Slegs elektroniese foto’s kan gebruik word
• Die foto se grootte moet nie 2MB oorskry nie
• Die foto se kwaliteit moet nie laer wees as 300dpi nie
• Jy is welkom om meer as een foto te stuur

Die kompetisie het gesluit op Vrydag , 8 Januarie 2010.

Klik hier om te sien wie die wenners van die eerste  BlyNet-fotokompetisie was.

Foto Kompetisie 1

Wenners:

Die wenner van die BlyNet-fotokompetisie is Tanya de Vente met haar foto Sonsondergang oor Afrika. In die tweede plek is Marietha Meiring met haar Landskap vol kontraste en in die derde plek is Johan Greyling met Eendag wanneer ek groot is. Drie vierde pryse word toegeken aan Philip Bruwer vir Glas wyn, Tania Henning vir Geen groter liefde, Luisa van der Linde vir Afrikasonsondergang en Cobus van Wyk vir Roete 62.

Eerste prys:

Tweede prys:

Derde prys:

Vierde pryse:

Dankie vir almal wat foto’s ingestuur het. Al die foto’s kan by www.blynet.co.za besigtig word.

Die wenners kry die volgende pryse:

1ste prys: Solidariteit geskenkpak ter waarde van R1000.
2de prys: R500 geskenkbewys van CNA
3de prys: Solidariteit geskenkpak ter waarde van R500.
Vierde pryse: ‘n Koffietafelboek oor Generaal De La Rey ter waarde van R350.

Foto’s van vorige kompetisie:
(Klik op die pyltjie om die volgende foto’s te sien)