BlyNet

Hoërskoolleerlinge maak hul “Punt” in liriekskryfkompetisie
Leerlinge van regoor Suid-Afrika sal nou as deel van die Solidariteit Tydskrif Punt-liriekskryfkompetisie hul punt maak. Dié opwindende veldtog wat deur die ledetydskrif van die Solidariteit Beweging in samewerking met SyAn Productions en Electro Groove Studios gevoer word, word vanjaar vir die eerste keer aangebied en sal hoërskoolleerlinge die kans bied om hul sê kreatief en met mening in Afrikaans te sê.

Die kompetisie beoog om duisende Afrikaanse hoërskoolleerlinge met trots te laat soek na hul Afrikawortels. Volgens dr. Dirk Hermann, redakteur van Solidariteit Tydskrif en adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, is die tema van vanjaar se kompetisie ‘Basta! Ons voetspore is in Afrika’. Die tema spruit voort uit die gelyknamige boek deur Hermann wat in 2010 bekendgestel is en die geskiedenis van die Afrikaner ondersoek.

“Die idee is dat jongmense na hul wortels sal gaan soek en uiteindelik met trots kan sê: ‘Afrika en Suid-Afrika is mý tuiste. Ek hóórt hier!’,” verduidelik Hermann. “Ons hoop om deur die Punt-kompetisie op ŉ positiewe manier ŉ liefde vir hul herkoms en kultuur by jongmense te help kweek.”

Hermann word ondersteun deur die nuwe sangsensasie Andries Hendrik Potgieter, wat ook die gesig en stem van die veldtog is. Potgieter is ŉ direkte nasaat van die Voortrekkerleier, Andries Hendrik Potgieter, wat ook sy merk in Suid-Afrika se geskiedenis gelaat het. “Nes my grootjie wil ek ook nuwe grondgebied inneem. Nie deur nuwe dorpe en stede op te rig nie, maar deur jongmense opgewonde oor hulle herkoms en toekoms te maak,” sê hy.

Die 12 beste inskrywings sal getoonset word deur die bekende liedjieskrywer en musikant Waldo Greeff. Greeff het reeds twee Tempo-musiektoekennings agter sy naam vir sy liedjie Is dit jy? (gesing deur Andriëtte Norman) wat deel was van die Huisgenoot liriekskryfkompetisie. Die wenliedjies van die Punt-liriekskryfkompetisie sal tesame met vanjaar se temalied, Basta, op ŉ CD opgeneem word en in November vanjaar uitgereik word. Alle liedjies sal gesing word deur Andries Hendrik Potgieter. Die skrywer van die wenlied sal boonop ook R5 000 in die sak steek.

Die kompetisie word op Maandag, 14 Maart 2011 amptelik by die Hoërskool Waterkloof in Pretoria bekendgestel. Hiertydens sal die sanger Andries Hendrik Potgieter die temalied Basta sing en die musiekvideo van die lied bekendstel.

Die media word uitgenooi om die geleentheid by te woon:

Datum: Maandag, 14 Maart 2011

Tyd: 08:00

Plek: Hoërskool Waterkloof, h.v. Boeingstraat en Hans Strydomrylaan, Erasmuskloof

Kompetisiereëls:

-       Die kompetisie is oop vir alle hoërskoolleerlinge.

-       Inskrywings is gratis.

-       Die kompetisie sluit op 13 Mei 2011. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

-       Daar is nie ŉ beperking op die aantal inskrywings nie.

-       Inskrywings moet in Afrikaans wees.

-       Stuur inskrywings na punt@solidariteit.co.za. Jou naam, van, ouderdom en die naam van jou skool moet die inskrywing vergesel.

-       Lirieke sal deur die sanger Waldo Greeff getoonset word, en dus hoef inskrywings slegs die lirieke te bevat.

-       Enige lirieke waarin tekens van plagiaat voorkom sal summier gediskwalifiseer word.

-       Alle lirieke word die eiendom van Solidariteit Tydskrif.

-       Die boek Basta! Ons voetspore is in Afrika, is as basis vir die temalied Basta gebruik. Belangstellendes kan dié boek as basis vir hul eie lirieke gebruik. Die boek word uitgegee deur Kraal-Uitgewers. Belangstellendes wat die boek deur die kompetisie teen R90 aankoop kry ook ŉ handige skryfgids gratis. Stuur ŉ e-pos aan akoster@solidariteit.co.za om die boek te bestel.

Meer oor Andries Hendrik Potgieter

Andries Hendrik Potgieter is die jongste afstammeling van die groot Voortrekkerleier met dieselfde naam, maar hoewel die hedendaagse A.H. Potgieter stewig met sy voete in die vermaaklikheidsbedryf staan, het hy ook ŉ sterk liefde vir Afrikaans en sy Afrikaner-herkoms. Met hierdie sterk verbintenis met een van die grootste name in die Afrikaner se geskiedenis, is Andries die ideale sanger van die twaalf wenliedjies wat deur die Solidariteit Tydskrif Punt-liriekskryfkompetisie aangewys sal word. Die temalied, Basta, is reeds opgeneem en sal binnekort op radiostasies en musiekkanale gespeel word.

Andries is tans onder meer aan die stuur van die Stand as One-projek wat in samewerking met verskeie gospel-sangers soos Nedine Blom, die Soweto Gospel Choir en jeugkore van regoor die land aangebied word. Die projek is daarop gefokus om spesifiek na die jeug uit te reik. Dié CD word eersdaags op 24 Maart by Laerskool Magalieskruin in Pretoria bekendgestel.

Andries se eerste solo-album sal ook later vanjaar die lig sien met die lied Ons huis is hier wat na verwagting die Afrikaanse musiekmark sal stormloop. Die lied is ook op die Stand as One-CD beskikbaar wat voor die einde van die maand op die rakke sal wees.

Besoek ook www.andrieshendrikpotgieter.com en www.standasoneproject.com vir meer inligting.

Besoek www.solidariteittydskrif.co.za vir meer inligting oor die kompetisie.

Klik hier vir ŉ hoë resolusie-foto (4 MG) van Andries Hendrik Potgieter.

Klik hier om die hoë resolusie-plakkaat (16 MG) van die kompetisie af te laai.

Wenner van die Valentynsdag kompetisie!
BlyNet kompetisie

BlyNet het ŉ opwindende nuwe kompetisie net vir BlyNetters. As jy ŉ BlyNetter is en trots is op jou land en jou erfenis, is die kompetisie vir jou.

Valentynsdag is om die draai en dis die ideale geleentheid om vir ons te vertel hoekom jy verlief is op Suid-Afrika.

Skryf vir ons ŉ gedig of opstel oor ons mooi land en hoekom jy kies om hier te bly.

Jy staan die kans om ŉ vakansie vir 3 nagte in Margate te wen.

Die beste gedig of opstel sal ook op Wêreldwyd op Woensdag op www.solidariteitradio.co.za uitgesaai word.

Die sluitingsdatum is 28 Februarie, so maak seker dat jy nie die kans misloop nie. Stuur jou inskrywing na: heleen@solidariteit.co.za.

Ons het ŉ wenner vir die Valentynsdag kompetisie!

Baie geluk aan Jaconette Lewis wat vir ons so pragtige opstel geskryf het. Jy wen ŉ vakansie vir 3 nagte in Margate.

Baie geluk

MY hart klop sissend warm vir Suid-Afrika.

Sss…sis die boerewors op die braaivleiskole. Die vuurtjie knetter en kraak. Ek kyk na die gesigte rondom my en besef waarom ek Suid-Afrika vir niks wil veruil nie.

Ek kyk vir Dik Daan van die plaas Donkiedraai. Hierdie gesette seun met die khakieklere en die velskoene is heel op sy gemak om die vuur, want hy het op ‘n plaas doer diep in die Karoo grootgeword. Die Karoo met sy pragtige tongknoop blomme wat soos ‘n laslappiekombersdie veld versier; Kappertjies, Piet-my-vrou, Loslyfies, Gesiggies…. prentjieblomme.

Jaap van die Kaap lyk egter nie so tuis naby die knetterende vuurtjie nie. Hy is meer gewoond aan die Kaapse visbraaie wat beslis minder vlamme om die lyf het. Op sy gesig kan ek duidelik die gevolg van baie ure se son sien – golfry in skuimende branders, rondsit op skitterwit strande… Die Berg met sy miswolk tafeldoek is deel van sy menswees. Hy klim elke week tot bo en kyk ver uit oor die moederstad wat so baie van Suid-Afrika se geskiedenis teen sy rotse koester. Die Kaapse “bhgy” val sag op ons ore as Jaap van sy bergklim avonture vertel.

Michelle van Mpumalanga het ‘n skitterwit kosmosblom in haar hare gesteek vir hierdie kampvuur-kuiergeleentheid. Sy bly in ‘n klein plattelandse dorpie op die Hoëveld. Daar waar kinders nog in die strate kan speel en met hul fietse resies jaag oor die grasvlaktes. Daar waar ruimte is. Daar waar die Kosmosse die vaal veld in ‘n blomtuin omtower. Bosse van hierdie pienk, wit en pers prag pryk gereeld in haar ouerhuis.

Kisha van KwaZulu-Natal wil opsluit net bietjie geur aan die sissende boerewors gee met haar verskeidenheid sakkies en pakkies vol speserye. Kisha se ouers is diep gelowige Indiërmense wat hul eie speseryewinkel in Durban besit. Durban – die stad waar tyd nooit stilstaan en die son nooit ophou skyn nie. Mense skarrel, lag en kuier. Durban met sy sonsoeklywe op goue strande, sy reuse hawe waar skepe kom en gaan. Waar die Rikshas met hul oordrewe hooftooisels toeriste op die parade rondkarwei. Durban pols!

Ben van die Bosveld is die aardse ou onder die groep, doodluiters en op sy gemak langs die knettervuurtjie – ‘n Bosveldboorling in murg en been. Van jag kan jy hom niks leer nie. Sy uitgetrapte velskoene en rooigebrande neus getuig daarvan. Die Bosveld met sy wilde diere – leeus, bokke, kampeelperde…. Ben weet van boerewors braai, biltong maak en baklei.

Die son sak stadig oor die koppies. Indie verte vonkel stadsliggies. Om my daal rustige stilte saam met die skemer neer. Ek drink die gelag en gesels om my in. Ek voel die Afrika ritme in my pols…

Ek besef – net soos ons eie tradisionele boerewors uit verskillende bestanddele gemaak is, net so is Suid-Afrika uit verskillende dinge saamgestel. Ek kan nie glo daar is mense wat dit selfs oorweeg om my boereworsland te verlaat nie!

MY hart klop sissend warm vir Suid-Afrika.

Bell vervreem werknemers ‒ Solidariteit
Solidariteit, 26 Januarie 2011

Bonusse vir bestuur, maar geen verhoging vir Bell-werknemers

Die vakbond Solidariteit het vandag Bell Equipment, die grootste vervaardiger van masjinerie vir die landbou-, mynbou- en konstruksiesektor in Suid-Afrika, daarvan beskuldig dat sy optrede werknemers hier vervreem en finansieel laat swaarkry. Solidariteit hoop nou om in ŉ dringende gesprek met die maatskappy te tree om hierdie probleem aan te pak.

Solidariteit se beskuldigings volg in reaksie op die maatskappy se herhaaldelike optrede wat nie in die finansiële belang van werknemers is nie. Bell het reeds die afgelope twee jaar aansoek om kwytskelding van loonverhogings in die bedingingsraad vir die metaal- en ingenieursbedryf (MEIBC) gedoen en gevolglik het werknemers hier in 2008 laas loonverhogings ontvang. Daarbenewens is geen dertiende tjek verlede jaar of in 2009 aan werknemers uitbetaal soos in die verlede nie.

Volgens Ilze Nieuwoudt, Solidariteit-woordvoerder, het hierdie kwessie nou te ver gegaan. “Bell het die golf van die resessie tot die uiterste gery om voordeel daaruit te trek. Die ekonomiese insinking is as argument vir die kwytskelding van die MEIBC-loonverhogings misbruik. Dié aansoek om kwytskelding is twee maal goedgekeur en dít terwyl die maatskappy self erken dat hy in die eerste helfte van 2010 wins getoon het. Intussen moes werknemers steeds aan die agterspeen suig,” verduidelik Nieuwoudt.

Solidariteit-lede by Bell het reeds aangetoon dat hulle eenvoudig nie meer met die styging in lewenskoste kan byhou nie. “Hoewel inflasie tans teen ŉ stadiger tempo as byvoorbeeld ŉ paar jaar gelede styg, is daar sekere kategorieë in die inflasiemandjie wat steeds skerp stygings toon. Mediese inflasie se gemiddeld vir 2010 was 7,5%, terwyl die Raad op Mediese Skemas onlangs aangedui het dat mediese fondse se premies met tussen 5,6% en 16% gestyg het vanaf verlede jaar,” sê Nieuwoudt. Daarbenewens het die koste van opleiding ook aansienlik gestyg sedert 2010. Die koste van opleiding by die grootste universiteite het vanjaar byvoorbeeld met tussen 8% en 11% gestyg teenoor die koste in 2010. Skoolfooie het intussen in 2010 met gemiddeld12% en in 2011 met gemiddeld 10% gestyg. Daarbenewens plaas die styging in die koste van elektrisiteit bykomende druk op verbruikers.

“Dit is hieruit duidelik dat die lewenskoste van die gemiddelde werknemer in die afgelope twee jaar aansienlik gestyg het en dat werknemers se salarisse lank al nie meer markverwant is nie en dringend herstel moet word,” meen Nieuwoudt.

Intussen het Bell aangedui dat hy een van die eerste maatskappye in die sektor is wat werklik na die resessie kon herstel. “Die maatskappy toon ook aan dat hy besluit het om vaardighede te behou in dié tyd, maar intussen word daar nie na die werknemers se finansiële behoeftes omgesien nie,” sê Nieuwoudt.

Solidariteit begin met alternatiewe regsaksie teen Aurora
24 Januarie 2011

Werknemers genooi om dringend betrokke te raak by aksie

Die vakbond Solidariteit het met ŉ proses begin ter voorbereiding vir ŉ alternatiewe regsaksie teen Aurora Empowerment Systems. Dit volg nadat die myn steeds nie die beloftes rakende die betaling van werknemers se agterstallige salarisse, vakbondlidmaatskapgelde en ander bydraes nagekom het nie. Solidariteit sou oorspronklik die saak in Januarie 2011 na die arbeidshof verwys het, maar het op grond van regsadvies besluit om eerder ŉ aansoek om die likwidasie van Aurora by die hooggeregshof in te dien.

Solidariteit rig nou ŉ dringende versoek aan werknemers van dié maatskappy se myne wat wil deelneem aan ŉ groepsgeding teen die myn om met die vakbond in verbinding te tree. “Werknemers moet teen 31 Januarie reeds alle nodige inligting aan Solidariteit verskaf sodat die regsaksie vroeg in Februarie van stapel kan loop,” verduidelik Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Volgens Hanno Bucksteg, spesialislitigant van Solidariteit se arbeidshofafdeling, is dit noodsaaklik dat werknemers dringend die nodige inligting aan die vakbond voorsien sodat die nuwe pleitstukke gefinaliseer kan word. Bucksteg beklemtoon dat slegs werknemers wat volledige inligting betyds verskaf in die aansoek verteenwoordig sal word.

Die volgende inligting tesame met stawende dokumente moet aan Solidariteit verskaf word:

- Volle naam en van

- Afskrif van identiteitsdokument

- Straat- en posadres

- Kontakbesonderhede (insluitende faks-, huis- en selfoonnommer sowel as e-posadres)

- Kontakbesonderhede van naasbestaandes

- Titel van pos beklee by Aurora

- Werknemernommer

- Datum van indienstreding en wanneer diens beëindig is

- Salarisstrokies/bankstate vanaf Januarie 2010 tot Desember 2010

- Inligting rakende oortyd (indien van toepassing)

- Dienskontrak

- Uiteensetting van gelde verskuldig

Werknemers wat aan die aksie wil deelneem, kan deelname op die volgende maniere verseker:

- Besoek www.regsdienste.co.za en laai die nodige vorm hier af.

- Skakel Michelle Saayman of Hanno Bucksteg by 012 644 4433.

- Stuur ŉ e-pos na aurora@solidariteit.co.za.

Volgens Du Plessis is die geskiedenis van Aurora een van swaarkry vir die werknemers. Die voorlopige likwidasie van die voormalige Pamodzi-myne het reeds in April 2009 begin. “Die President Steyn-myn in die Vrystaat is verkoop, terwyl die likwidateurs Aurora Empowerment Systems aangewys het om die Orkney- en Oosrand-myne te bestuur totdat oordrag van eienaarskap van dié myne na Aurora kan plaasvind. Aurora kon tot dusver nie daarin slaag om die nodige finansiering vir die transaksie te bekom nie. Werknemers by dié myne ontvang reeds sedert Februarie verlede jaar ongereelde betaling,” voeg hy by.

Basta! Ons voetspore is in Afrika
Desember 2010

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het pas ŉ nuwe boek, Basta! Ons voetspore is in Afrika, uit sy pen laat verskyn. Die boek is in die vorm van ŉ brief aan sy vier dogters geskryf. Hy vertel die Afrikanerstorie vanaf 1657 tot vandag aan die hand van sy familiestorie.

In die brief aan sy dogters skryf Hermann oor hulle plek in Afrika. Hy skryf dat die polities gelaaide beeld van die Afrikaner nie aanvaar moet word nie. Hy wil sy dogters bevry van skewe geskiedenisbeelde deur aan hulle hul familiestorie te vertel.

Om die skewe geskiedenis reg te stel, maak hy die geskiedenis lewendig deur te vertel van agteroupagrootjie Hans se bootreis na Afrika in 1657 en hoe hy deur ŉ leeu opgeëet is. Hy vertel oor die ontberings van die Groot Trek en die smarte van die Boere-oorloë. Sy oumagrootjie is dood in ŉ konsentrasiekamp en sy ouma het die konsentrasiekamp oorleef. Hy vertel van sy oupagrootjie se ontberinge as banneling en die opstaantyd na die oorlog. Sy pa vertel die storie van apartheid en hyself vertel oor sy eie Afrikaneridentiteit na 1994. Hy sluit die boek af met ŉ uitdaging oor sy Afrika-identiteit. Oor die Afrikanerstorie en die van sy familie sê hy: “Basta, ons voetspore is in Afrika”.

Die boek is veel dieper as ŉ familiestorie. Dit is ŉ boek oor Afrikaneridentiteit na 1994. Die boek is ŉ uitdaging aan almal wat die Afrikaner se geskiedenis wil kriminaliseer. Die boek maak die geskiedenis van die Afrikaner vir veral jongmense lewendig. Dit vertel die Afrikaner se verhaal aan die hand van die lewe van gewone mense. Jongmense en alle Afrikaners word uitgedaag om hulle Afrika- en Afrikaneridentiteit in die moderne era te herontdek. Hermann skryf dat hy hoop dat Basta! Afrikaners sal motiveer om hulle voetspore in Afrika te soek.

Die boek behoort ŉ debat oor Afrikaneridentiteit na 1994 te ontketen. Dit sal weer die gesprek oor Afrikaners se plek in Afrika losmaak en weer die lig laat val op, soos president Jacob Zuma hulle noem, die “wit stam van Afrika.”

Basta! Ons voetspore is in Afrika kos R95 en word deur Kraal-Uitgewers uitgegee.

Die boek kan bestel word deur die woord “Basta” na 34388 te SMS.

Helpende Hand gee erkenning aan top-Afrikanervroue
Deur Surika van Schalkwyk

Solidariteit Helpende Hand hou op 8 en 9 Augustus 2011 ‘n vrouekongres in Bloemfontein. Hoogtepunte tydens die kongres is

• die bekendstelling van ‘n boek oor konsentrasiekampe tydens die Anglo Boereoorlog deur Kraal-Uitgewers;

• Wilna Snyman se opvoering van Dear Mrs Steyn wat gebaseer is op Emily Hobhouse se briewe aan mev. Tibbie Steyn; en

• die oorhandiging van eretoekennings aan Afrikanervroue wat gedurende die 20ste eeu ‘n uitmuntende bydrae tot die ontwikkeling van die Afrikanererfenis op kulturele, geestelike en maatskaplike vlak gelewer het.

Die rol wat die Afrikanervrou gespeel het in die deurbreking van die armoedevraagstuk wat gevolg het op die Anglo Boereoorlog en die Groot Depressie loop soos ‘n goue draad deur ons geskiedenis. Hulle was vroue wat skole gebou het in die dor grond wat die Verskroeideaardebeleid agtergelaat het, omdat hulle geweet het hoe belangrik die opvoeding van hulle kinders was; vroue wat liggaam en siel aanmekaar gehou het deur werkskeppingsprojekte te begin toe kos en klere ‘n luukse was; vroue wat deur die eeue heen gesorg het vir die verswaktes en weerloses omdat dit die regte ding was om te doen.

Nomineer

Helpende Hand nooi alle lesers van die nuusbrief om voor 31 Maart Afrikanervroue vir die eretoekennings te nomineer. Nominasies kan na joey@helpendehand.co.za gestuur word.

Kom sê dankie

Kom sê dankie vir die helde wat in die 20ste eeu legkaartstukke van die Afrikaanse kultuur gekoester en beskerm het, omdat hulle geweet het ons skuld dit vir ons kinders. Kom vier saam die krag van die Afrikanervroue wat geveg het omdat stilbly soms net so verkeerd is soos vernietig ? vroue wat weet dat dit belangrik is om die verskil te wees wat hulle in die wêreld wil sien.

Vir verdere navrae kontak Joey Lötter by joey@helpendehand.co.za.

Pornografiesindikaat: negende verdagte gearresteer
Solidariteit Helpende Hand wens die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die Gautengse kinderpornografie-eenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) geluk met hul flinke optrede wat gelei het tot die arrestasie van’nnegende verdagte in die kinderpornografiesindikaat wat in Desember verlede jaar oopgevlek is.

Die 31-jarige vrou is vanoggend omstreeks 9:30 by die Renbro Superspar in Hammanskraal in hegtenis geneem waar sy reeds agt jaar as bestuurder gewerk het.

Die nege verdagtes staan more in die Pretoria-Noordse streekshof tereg op aanklag van die besit, vervaardiging en verspreiding van pornografiese materiaal. Die eerste agt verdagtes is in Desember 2010 tydens’nklopjag in Pretoria-Noord in hegtenis geneem.

Die 31-jarige beskuldigde was na bewering betrokke by die redigering en verspreiding van die pornografiese materiaal, en die polisie het vanoggend beslag gelê op’ndigitale videokamere en ‘n geheuekaart.

Helpende Hand was in Desember verlede jaar betrokke by die oopvlek van dié sindikaat wat vermoedelik die grootste kinderpornografiesindikaat in die geskiedenis van Suid-Afrika is. Helpende Hand het die polisie gehelp deur op die toneel na die kinders om te sien en hulle later na’nhuis van veiligheid te vergesel.

“Helpende Hand eis dat die nege verdagtes lewenslank toegesluit word,” sê dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. “Pedofiele wat kinders se lewens willens en wetens verwoes moet nooit weer in die samelewing losgelaat word nie.”

Helpende Hand het sy regsverteenwoordiger opdrag gegee om die verloop van die hofverrigtinge te monitor ten einde die ondersoek- en die vervolgingspan by te staan.

Solidariteit se dag van protes teen misdaad – terugvoer oor die dag
Suid-Afrikaners van 352 dorpe regoor Suid-Afrika het op 19 Mei 2010 hulself in rooi getooi en deel geneem aan Solidariteit se landwye dag van protes teen misdaad. Hierdie was die grootse protesaksie nóg teen misdaad en memorandums is aan polisiestasies in verskeie dorpe en stede oorhandig. Volgens Solidariteit is dit die meeste memorandums wat nóg op een dag in Suid-Afrika oorhandig is en die grootste protesaksie teen misdaad tot nou toe. In Pretoria het sowat 1 500 mense saamgetrek en 27 memorandums is aan polisiestasies in dié stad oorhandig. In die Wes-Kaap is 75 memorandums oorhandig in dorpe soos Bellville, Beaufort-Wes, Hermanus, Franschhoek en Montagu. In die groter Johannesburg-streek alleen is 42 memorandums oorhandig, in KwaZulu-Natal 26, in die Vrystaat 22 en in Mpumalanga en Limpopo 55. Die memorandums is gerig aan die regering, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en besighede. In die memorandums is onder meer geëis dat privaat uitgawes wat vir misdaadvoorkoming aangegaan word voortaan aftrekbaar van belasting moet wees.

“Die regering se onvermoë om sy burgers te beskerm, het tot gevolg dat hulle uitgawes moet aangaan om hulself te beskerm. Hulle word dus in praktyk dubbel belas. Dit is derhalwe billik dat uitgawes wat vir privaat beskerming aangegaan word van belasting afgetrek moet word,” het Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, gesê.

Die memorandum eis ook van die regering om meer hulpbronne, met die fokus op opleiding aan die SAPD, beskikbaar te stel. Daarbenewens word daar onder meer van die SAPD geëis om die moratorium op die aanstelling van reserviste in praktyk op te hef. Verder word ŉ beroep op besighede gedoen om gemeenskappe by te staan met misdaadsvoorkomingsveldtogte.

Leerlinge van skole in Linden, Roodepoort, Pretoria, Hartbeespoort en verskeie dorpe in die noorde van KwaZulu-Natal het vandag rooi T-hemde of rooi linte skool toe aangetrek ter ondersteuning van die protes teen misdaad. Talle klein en medium sakeondernemings het ook tussen 13:00 en 14:00 toegemaak ter ondersteuning van die protesaksie.

“Ons het besluit om eerder honderde klein groepies in gemeenskappe te vorm om die memorandums te oorhandig as om ŉ paar groot saamtrekke te hou. Misdaad tref nie net enkele groot stede nie, maar elke klein gemeenskap. Ons het besluit dat daar teen misdaad geprotesteer moet word daar waar misdaad is, en dit is in alle gemeenskappe dwarsoor Suid-Afrika.”

“Suid-Afrika mag nooit toelaat dat misdaad ŉ normale deel van die samelewing word nie. Om te wys misdaad is abnormaal, moet ons daarteen protesteer word. Ons het egter nie net geprotesteer nie. Ons wil ook deur die protesaksie ŉ oproep tot gemeenskappe doen om in samewerking met die SAPD betrokke te raak by gemeenskapsbeveiligingaksies. As ons daarmee suksesvol is gaan Suid-Afrika ŉ veiliger plek na 19 Mei wees,” het Hermann gesê.

Fotokompetisie 2 – Suid-Afrikaanse landskappe
Hier is die foto’s wat ons al ontvang het:

Sien skyfievertoing

1234...91011►

Nadat die fotokompetisie op BlyNet so ‘n groot sukses was het ons besluit om weer ‘n fotokompetisie te begin. Dieselfde pryse kan weer gewen word. Enigiemand kan aan die kompetisie deelneem, insluitende persone wat aan die eerste een deelgeneem het solank dit net nuwe foto’s is.  Hierdie keer fokus ons slegs op Suid-Afrikaanse landskappe en vra ons dat jy jou mooiste landskapfoto’s instuur.  Stuur foto’s aan daleen@solidariteit.co.za .

Die volgende spesifikasies moet aan voldoen word:

• Slegs elektroniese foto’s kan gebruik word

• Die foto se grootte moet nie 2MB oorskry nie

• Die foto se kwaliteit moet nie laer wees as 300dpi nie

• Jy is welkom om meer as een foto te stuur

Die kompetisie het gesluit op Vrydag , 8 Januarie 2010.

Klik hier om te sien wie die wenners van die eerste  BlyNet-fotokompetisie was.

Suid-Afrika by ‘n kruispad
Flip Buys November 2009, Solidariteit Tydskrif

Daar is al hoe wyer konsensus dat die Mbeki-regering misluk het en Suid-Afrika op die verkeerde pad geplaas het. Die jongste erkenning hiervan kom van ? invloedryke dinkskrum wat uit verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale kundiges bestaan het. Hulle het met die hulp van 30 invloedryke Suid-Afrikaners oor ? tydperk van meer as ? jaar verskeie scenario’s vir die land se toekoms opgestel. Hierdie scenario’s, bekend as die Dinokeng-scenario’s, se vertrekpunt is dat Suid-Afrika nou op die randjie van mislukking staan, maar dat daar met die regte besluite hoop vir die toekoms is.

Die tydsberekening van die scenario’s is veelseggend omdat die beplanning daarvan aan die einde van mnr. Mbeki se termyn begin is, en in die begin van mnr. Zuma se presidentstermyn bekendgemaak is. Hierdie scenario’s kon nie op ? beter tyd uitgekom het nie omdat die regeringswisseling beteken dat die land by ? kruispad staan.

Die studie bied aan die Zuma-regering die geleentheid om die foute van die Mbeki-administrasie reg te stel, solank hulle die politieke wil en die regeringsvermoë het. Die doel van die scenario’s is om aan die regering, sakeleiers, vakbonde en landsburgers te help bepaal waar die land tans staan, waarheen ons op pad is, en wat gedoen kan word om ? beter toekoms te skep.

Dit is veral betekenisvol dat talle ondersteuners van die huidige regering deel van die scenario-groep was, en daarom word verwag dat die regering ernstig aan die studie aandag sal gee. Kallie Kriel van AfriForum was een van net twee Afrikaanssprekendes wat genooi is om deel van die groep te vorm, wat ? aanduiding is van die groeiende invloed van hierdie burgerregtedrukgroep.

Misdaad

Daar is darem al aanduidings dat die Zuma-regering iets aan die grootste krisisse begin doen, al word daar steeds reuse foute gemaak.

Maar waar staan Suid-Afrika op die oomblik? Die bekende ekonoom dr. Johan Willemse sê in ? ontleding van die Dinokeng-scenario’s dat die Suid-Afrikaanse samelewing hom nou in die blok links onder bevind waar die staat korrup en ondoeltreffend is in sy dienslewering en die sake-omgewing wat geskep word.

Die dokument maak ook geen geheim daarvan dat die staatsdiens nie meer die vermoë het om ordentlike diens te lewer nie en dat die samelewing op homself aangewese is, met wantroue teenoor die staat en sy amptenary. Verskeie voorbeelde hiervan word geboekstaaf.

Suid-Afrika sal ernstige sosiale en ekonomiese uitdagings die hoof moet bied, soos werkloosheid, misdaad, armoede, en ? behoefte aan beter sekuriteit, opleiding en gesondheidsdienste. Die uitdagings word vererger deur die ekonomiese krisis wat wêreldwyd heers.

Staatsgeleide ontwikkeling kan nie slaag nie, want die staat het doodgewoon nie die vermoë nie. Die verdere probleem is dat as ? staat bly inmeng en voorskryf met wette, skuif dit die private sektor uit en ? samelewing word geskep wat afhanklik is van ? disfunksionele staatsdiens.

Die land se probleme sal net suksesvol aangepak kan word as die staat, die breë samelewing met sy organisasies en die private sektor aktief saamwerk. Die uitgangspunt moet dan wees om dienslewering te verbeter deur kundigheid te betrek en regeringsamptenare aanspreeklik te hou.

In die scenario van aparte paaie gaan die land op die huidige trant voort. Sake in Suid-Afrika gaan verder agteruit en die staat is ondoeltreffend. In die dokument word reguit gesê die land sal dan sterk op pad wees om te verval in ? mislukte staat, soos elders in Afrika bestaan. Die moontlikheid van onrus, opstande en selfs dele van die land wat deur sekere groepe beheer word, word geskets. Dit is naby aan waar ons tans is.

Die scenario van agternaloop is waar die staat probeer om alles self te doen. Sentrale staatsbeplanning (soos in die kommunistiese stelsel) is aan die orde van die dag. Die probleem is natuurlik dat so ? samelewing nie volhoubaar is nie. Staatskuld bly toeneem en die private sektor word uitgeskuif. Die ondoeltreffende aanwending van skaars hulpbronne lei uiteindelik tot agteruitgang. In dié scenario word voorsien dat die staat al hoe meer outoritêr raak en met wette en mag probeer regeer, wat uiteindelik tot onderdrukking lei.

Die scenario van saamloop word as die wenslikste beskou. Dit beteken dat samelewingsorganisasies aktief met die staat skakel en saamwerk om die land se probleme aan te pak. Dit impliseer egter ? staat wat luister en doeltreffend is, en wat tot verantwoording geroep kan word. Dit impliseer aktiewe samewerking tussen die staat, gemeenskapsorganisasies en die private sektor. Dit beteken ook dat onbevange debat gevoer sal moet word en dat die staat sal moet aanvaar dat hy nie alleen dienste doeltreffend kan lewer nie. Dit sal ? herafbakening van die rol van die staat en nie-staatsinstellings impliseer, maar dit sal sterk en besliste leierskap verg.

Dit is opmerklik dat die scenario-span die linker boonste blokkie oop gelos het, omdat hulle dit nie as ? sterk genoeg moontlikheid gesien het nie. Hierdie blokkie veronderstel ? betrokke burgerlike groep wat ten spyte van ? swak staat vir hulself ? toekoms kan skep. Dit is waarskynlik die grootste leemte van die Dinokeng-scenario’s.

Zimbabwe

Suid-Afrika is baie ver van die Zimbabwe-scenario. Maar nogtans is daar belangrike lesse wat ons daaruit kan leer. Die belangrikste hiervan is dat ons nie op die regering kan wag om vir ons ? veilige toekoms te skep nie. Natuurlik moet ons daarop bly aandring dat die regering hulle pligte nakom en dat ons waarde vir ons belasting kry, maar ons sal ook al meer vir onsself moet begin doen. Ons toekoms is te belangrik om net aan ? regering oor te laat.

Die volledige dokument kan gelees word by www.dinokengscenarios.co.za