Fotokompetisie 2 – Suid-Afrikaanse landskappe

Hier is die foto’s wat ons al ontvang het:

Fotokompetisie 2

Nadat die fotokompetisie op BlyNet so ‘n groot sukses was het ons besluit om weer ‘n fotokompetisie te begin. Dieselfde pryse kan weer gewen word. Enigiemand kan aan die kompetisie deelneem, insluitende persone wat aan die eerste een deelgeneem het solank dit net nuwe foto’s is.  Hierdie keer fokus ons slegs op Suid-Afrikaanse landskappe en vra ons dat jy jou mooiste landskapfoto’s instuur.  Stuur foto’s aan daleen@solidariteit.co.za .

Die volgende spesifikasies moet aan voldoen word:
• Slegs elektroniese foto’s kan gebruik word
• Die foto se grootte moet nie 2MB oorskry nie
• Die foto se kwaliteit moet nie laer wees as 300dpi nie
• Jy is welkom om meer as een foto te stuur

Die kompetisie het gesluit op Vrydag , 8 Januarie 2010.

Klik hier om te sien wie die wenners van die eerste  BlyNet-fotokompetisie was.